Rayton Meander

“Die Kuierplek vir ons mense”

Die Boskombuis is ‘n heerlike kuierplek vir ons boeremense, in die natuur waar ons tuis hoort. Tussen die bome om die braaivleis vuur, verkeer ons heerlik saam, sonder die gewoel van stadsgeraas. Die lekker informele, ontspanne atmosfeer en die beste geselskap maak dat ons nie wil ophou kuier nie. In die winter hou die vure en die konkas ons lekker warm.


Ons musikante sorg dat daar altyd lekker musiek is om na te luister. Die “unplugged” aande by die kroeg is baie gewild en almal sing te  lekker saam. Van die beste musikante in die land het al by die Boskombuis opgetree.


Sondae het ons die heerlikste ontbyt en brunch vir R 60.00 per persoon. Ons doen ook alle soorte funksies, soos troues, verjaarsdae, familie byeenkomste, jaareind funksies, ens. Daar word ook minder formele konverensies by ons gehou.


Die Boskombuis het sy ontstaan in 1998 gehad. Mense van oral oor het al hier gekuier. Die Boskombuis is tussen die bome en deel van die natuur.


By die braaivure en ontspanne atmosfeer is al hegte vriendskappe gesmee. Deur die jare het ons die plekkie opgebou en vandag is dit ons trots.

Algemene Inligting


Die Boskombuis is gerieflik naby die N4 snelweg en Rayton / Cullinan krusing gelee. Die bos is die tuiste vir ons onthaal en funksie ontwikkeling.


Alhoewel ons net oop is vir musiekaande, funksies, troues en spesiale geleenthede is on wel elke Sondag oop vir ‘n ontbyt/brunch wat mense altyd bybly. Die lapakraal is puik vir braais en kuier rondom die vuur. Ons afdak en skoon ablusieblokke trek baie mense om hul funksies hier aan te bied.


Ons kombuis sorg dat mense lekker eet en dat elke funksie goed afgaan. Sien julle by die Boskombuis!!

Die Bos Kombuis op die Rayton Meander

Tussen die Bome  - -  Die Boskombuis is deur die jare opgebou tot ‘n uiterse gewilde kuier en onthaal plek.